# Die ANC het sy nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, opdrag gegee om verskoning te vra vir opmerkings wat hy oor vroue gemaak het tydens sy Noordwes-veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. In reaksie op ʼn Newzroom Afrika-joernalis se vraag oor seks vir werke, het Mantashe na vroue se geslagsdele verwys. Die ANC sê hy erken ongelyke geslags- en magverhoudings stel vroue steeds bloot aan seksuele uitbuiting. Hy sê partyleiers het ʼn groter verantwoordelikheid om diskriminasie te bekamp en geslagsgelykheid te bevorder.
ANC beveel Mantashe om verskoning te vra oor sy seks-vir-werk opmerkings