Skip to content

Fort Hare dank visekanselier Buhlungu af twee dae voor sy beplande vertrek

# Die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap het sy visekanselier, Sakhela Buhlungu, afgedank twee dae voor sy beplande vertrek. Hy het verlede maand bedank. Die universiteitsraad sê in ‘n verklaring Buhlungu is skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag in verband met ongemagtigde aanstellings op uitvoerende vlak en uitlatings wat die instelling se naam skade berokken het. Hy is ook skuldig bevind aan verset teen gesag. Volgens die raad het sy optrede die vertrouensverhouding ondermyn. Buhlungu se diens is met onmiddellike ingang beëindig.