Skip to content

BEGROTING: Mineraleraad verwelkom hupstoot vir mynbougroei

# Die Suid-Afrikaanse Mineraleraad verwelkom die regering se fokus op fiskale volhoubaarheid en strukturele hervormings. Die raad voer aan vinniger optrede rondom infrastruktuur vir elektrisiteit, water, spoorweë en hawens is noodsaaklik om beleggings in die mynbou en ekonomiese groei aan te wakker. Die groeivoorspelling vir die jaar is tans 1,2-persent. Die raad vra die regering om mededingendheid te verbeter, aansporings vir verkenning uit te brei en hoë brandstofkoste teen te werk. Hy beklemtoon dat mynbou steeds noodsaaklik is vir uitvoere, belasting-inkomste en werksgeleenthede.