# Die Vryheidsfront Plus sê ’n welkome teenwig in die mini-begroting is die belastinginkomste wat hoër as verwag was, asook die bestendiging van die begrotingstekort en die gepaardgaande staatskuld. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ’n afwaartse hersiening van die regering se ekonomiese groeivoorspelling vir 2026 aangekondig, van die 1,6-persent wat in die Februarie-begroting voorspel is, na 1,2-persent. Die VF Plus sê dit is ’n bron van kommer dat die minister staatsbesteding verhoog het in reaksie op die onverwagse belastingmeevaller van 17-miljard-rand, in plaas daarvan om gebeurlikheidsreserwes op te bou.
BEGROTING: VF Plus verwelkom die teenwig wat in die tussentydse begroting behaal is