# Die regering het 3,8-miljard rand oor die mediumtermyn toegewys om meer as drie-duisend-500 maatskaplike werkers aan te stel, ten einde die voorkoming van geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Die regering beplan om die aantal howe vir seksuele misdrywe teen 2028/2029 van 55 tot 101 te verhoog, en die aantal Thuthuzela-sorgsentrums van 72 tot 80. ’n Bykomende 157,4-miljoen rand sal aan die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede toegeken word vir toesighouding. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê nog 186-miljoen-rand sal aangewend word om die forensiese en ondersoekvermoë te verbeter:
BEGROTING: Regering bewillig miljarde om geslagsgeweld te bekamp [KLANK]
ENG GodongwanaOnGBVF