# Die vakbond GIWUSA vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om ʼn staatsgeleide noodplan aan te kondig om werkloosheid aan te spreek. Die minister lewer vandag die Mediumtermyn-begrotingsrede in die Parlement. Die land se amptelike werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal vanjaar tot 33,6-persent gestyg. GIWUSA-president Mametlwe Sebei sê die plan moet grootskaalse openbare indiensnemingsprogramme, regstreekse staatsbelegging in produktiewe sektore, en ondersteuning vir koöperasies en ondernemings wat deur werkers beheer word, insluit:
GIWUSA vra staatsgeleide noodplan vir werkskepping in Mediumtermynbegroting [KLANK]
ENG SebeiONBudget