# Die Vryheidsfront Plus vra dringende optrede om die toename in veediefstal in die Vrystaat te stuit, aangesien polisie-waarskuwings nie voldoende is nie. Volgens die party is meer as een-duisend-600 beeste en 730 skape, met ‘n geraamde waarde van agt-miljoen-rand, die afgelope maand in die provinsie gesteel. Jan van Niekerk van die VF Plus sê die landelike veiligheidstrategie moet behoorlik geïmplementeer word om boere en hul vee te beskerm.
VF Plus sê polisiewaarskuwings nie genoeg om veediefstal in Vrystaat te stuit nie