# ‘n Oostenrykse fietsryer is op die N2 naby Swellendam in die Wes-Kaap dood, slegs ure nadat hy met sy vrou oor sy reise deur Afrika gepraat het. Die 72-jarige Rudolf Köberl-Labenbacher was Woensdag op pad na Heidelberg toe hy ongeveer vier kilometer buite Swellendam deur ‘n voertuig getref is. Hy het vir sy vrou, Hertha, vertel hoe baie hy haar mis en gesê hy hoop om ‘n manjifieke sonsondergang te sien. Die Suid-Afrikaanse polisie het haar later in Wene geskakel om haar in te lig dat hy dood is. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Oostenrykse fietsryer sterf in Wes-Kaap ure ná laaste oproep aan vrou