Skip to content

Tshwane se burgemeester verwerp misleidende bewerings oor waterkrisis in Bronkhorstspruit

# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, ontken bewerings dat cholera die uitbreking van maag-en-dermverwante siektes in Bronkhorstspruit veroorsaak het en sê dis nie as oorsaak identifiseer nie. Moya beskuldig die DA se burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, daarvan dat hy die waterkrisis uitbuit vir politieke gewin. Sy sê hy maak misleidende bewerings oor cholera en hou aan met sy aantygings oor die metro se besteding aan watertenkwaens, ondanks openbare verduidelikings daaroor. Moya sê inwoners se kommer oor hul gesondheid en veiligheid moet ernstig opgeneem word.