# Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê hy sal die Suid-Afrikaanse regering se ontwerp van sy fiskale anker noukeurig ondersoek, insluitend moontlike uitsonderings wat in die raamwerk vervat is. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting besonderhede aankondig van ʼn amptelike fiskale anker om die regering se lenings en besteding te beperk, wanneer hy môre die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring lewer. Moody’s se visepresident, Evan Wohlmann, sê hulle sal ook ontleed hoe vinnig die regering enige afwyking van die anker moet regstel. Die agentskap het Suid-Afrika se krediet-uitkyk na positief aangepas.
Moody’s gaan ontwerp van Suid-Afrika se voorgestelde formele fiskale anker streng dophou