Skip to content

Business Leadership SA sê regering moet begroting in groei belê

# Business Leadership South Africa sê Suid-Afrika het wel sy nasionale skuld en finansies bestendig, maar groei is die bestanddeel wat kortkom. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê terwyl die ekonomie na verwagting vanjaar met skaars een-persent gaan groei, is daar min momentum om die regering se inkomste te verbeter. Sy sê al die regte bestanddele om groei te ondersteun, is beskikbaar. Dit sluit in die strukturele hervorming in die land se netwerk-bedrywe wat lei tot betroubare elektrisiteit, goedkoper data en beter logistiek.