# ‘n Misdaadtoneel-deskundige het in die Kaapstadse Landdroshof getuig die hotelkamer waar Anele Tembe en haar kêrel, die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, tuisgegaan het was in ‘n wanordelike toestand. Die geregtelike doodsondersoek fokus op die omstandighede rondom Tembe se dood nadat sy in April 2021 van die tiende verdieping geval het. Die ondersoeker het getuig daar was moontlik bloed aan die handdoeke en beddegoed, terwyl krapmerke op AKA se liggaam gesien is. Nog ‘n getuie het aan die hof gesê die misdaadtoneel is ontwrig nadat talle mense die gebied betree het.
Ondersoeker beskryf hotelkamer waar Anele Tembe tuisgegaan het as wanordelik