Skip to content

ANC verwelkom insluiting van 181 kandidate in ses munisipaliteite

# Die ANC verwelkom die Verkiesingskommissie se bevestiging dat 181 kandidate wat vroeër uitgesluit is, op stembriewe geplaas is in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die ANC se appèlaansoek gehandhaaf het teen ‘n Kieshof-beslissing wat die kandidate uitgesluit het. Die uitsluiting het gevolg nadat die ANC nie sy kandidaatregistrasie op die OVK se aanlyn portaal finaal afgehandel het nie. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die OVK bedank vir sy spoedige uitvoering van die hofbevel.