# Absa sê Suid-Afrika se fiskale posisie is sterker in die aanloop tot die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring. Die senior ekonoom, Miyelani Maluleke, sê wêreldwye konflikte het die wêreldekonomie verswak, wat gelei het tot laer pryse van belangrike uitvoerprodukte soos platinum en palladium, terwyl die koste van petroleuminvoere gestyg het. Maluleke glo die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en sy span kan ondanks hierdie uitdagings die begrotingstekort verklein, staatskuld onder beheer hou en mettertyd die koste van lenings verlaag.
ABSA merk verbeterde fiskale posisie voor begroting