# Die leier van die African Content Movement, Hlaudi Motsoeneng, sê werkskepping, betroubare elektrisiteitsvoorsiening en lopende water moet voorkeur geniet in die Maluti-a-Phofung Munisipaliteit in die Vrystaat. Motsoeneng het ondersteuners op die Phuthaditjhaba-stadion in QwaQwa toegespreek en sê inwoners behoort nie afhanklik te wees van JoJo-tenks vir water nie. Hy sê padherstelwerk, beter infrastruktuur en die herstel van die munisipaliteit se konstruksievoertuie is noodsaaklik. Motsoeneng sê dié verbeterings sal help om beleggers na die gebied te lok en werksgeleenthede skep:
ACM-leier stel werk, water en elektrisiteit eerste [KLANK]
ENG-Motsoeneng OnPriorities