# Al Jama-ah sê dienslewering en ekonomiese ontwikkeling is sentraal in sy verkiesingsmanifes vir plaaslike regering, wat in Soweto bekendgestel is. Die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Ashley Mama, sê Al Jama-ah wil gebrekkige munisipale dienste herstel. Prioriteite sluit in die verbetering van toegang tot water, elektrisiteit, grond en behuising. Hy sê vennootskappe met die sakesektor en die nasionale regering kan werkskepping en plaaslike ondernemings bevorder, terwyl gemeenskapsveiligheid steeds belangrik bly te midde van uitdagings wat met migrasie verband hou:
Al Jama-ah prioritiseer ekonomiese ontwikkeling in munisipaliteite [KLANK]
ENG-MamaOnJoburg