Skip to content

Reserwebank beplan ‘n gedeelde OTM-netwerk

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank beplan om in Januarie met die toets van ‘n nuwe gedeelde OTM-netwerk te begin, as deel van pogings om kontant goedkoper en meer toeganklik te maak. Die plan sal die ongeveer 30-duisend OTM’e in die land in masjiene sonder handelsmerke omskep wat deur kliënte van verskillende banke gebruik kan word. Die Reserwebank wil ook hê onttrekkings onder ‘n vasgestelde bedrag moet gratis wees. ‘n Nasionale kontantnutsdiens word vir Maart volgende jaar beplan, met die eerste wyer bekendstelling van gedeelde OTM’e wat teen die einde van 2027 verwag word.