Skip to content

Downingstraat se kat weer terug na operasie

# Downingstraat 10 se beroemde kat Larry is weer katjie van die baan en terug by die Britse premier se ampswoning na ‘n operasie om ‘n sist te verwyder. Die 19-jarige muisvanger is buite die huis opgemerk met ‘n litteken en ʼn kaalgeskeerde kol op sy pels. Volgens eerste minister Andy Burnham se kantoor het Larry soos ‘n ware kat op sy pote geval en hy is druk besig om weer die muise te wys wie is baas. . Larry het in 2011 by nommer 10 ingetrek en het reeds sewe eerste ministers oorleef.