# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het 17 nuwe langafstandbusse tot sy City to City-vloot gevoeg. Dit is die eerste nuwe busse wat sedert 2010 aangeskaf is. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die nuwe vloot sal help om toegang tot veilige, betroubare en bekostigbare openbare vervoer uit te brei. Die moderne busse is toegerus met lugversorging, Wi-Fi, laaipunte en gevorderde veiligheidstegnologie. Hulle sal roetes bedien wat Gauteng met Limpopo en die Oos-Kaap verbind. Creecy sê die nuwe busse is ook meer brandstofdoeltreffend.
PRASA bevorder openbare vervoer met ’n nuwe vloot langafstandbusse