Skip to content

Ramaphosa open Gamsberg-myn-uitbreidingsprojek

# President Cyril Ramaphosa het die tweede-fase uitbreiding van Vedanta Zinc International se Gamsberg-myn in die Noord-Kaap amptelik geopen. Die projek sal die myn se vermoë vanaf vier-miljoen na agt-miljoen ton per jaar verdubbel en die jaarlikse produksie van sink tot sowat 500-duisend ton verhoog. Die uitbreiding sal na verwagting tussen 800 en een-duisend werksgeleenthede ondersteun, met die fokus op werwing in die provinsie. Die regering sê vennootskappe tussen die sakewêreld, werkers en gemeenskappe is noodsaaklik om beleggings, vaardigheidsontwikkeling en inklusiewe ekonomiese groei te bevorder.