# Die Amerikaanse regering beplan glo om byna ses-miljoen-rand te bestee aan navorsing en advertensieveldtogte in Suid-Afrika om vas te stel waarom minder Afrikaners aansoek doen om vlugtelingstatus. Die Amerikaanse Vlugteling-toelatingsprogram volg op ‘n uitvoerende bevel wat president Donald Trump verlede jaar onderteken het. Dit het voorrang gegee aan die hervestiging van Afrikaners weens ‘n beweerde sogenaamde “wit volksmoord”. Meer as 13-duisend Afrikaners het intussen na Amerika verhuis. The Guardian berig die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake skets ‘n drie-fase-projek, insluitend groepsbesprekings, meningsopnames en ‘n Afrikaanse mediaveldtog van ses maande.
Amerika gaan R6-miljoen bestee om vas te stel waarom minder Afrikaners Trump se aanbod aanvaar