Skip to content

Suid-Afrikaanse regering bekommerd oor hernude aanvalle in Rooisee-streek

# Die Suid-Afrikaanse regering sê hy is bekommerd oor die huidige toename in aanvalle in die Rooisee-streek, veral in en om die Straat van Bab el-Mandeb, en aanvalle op Saoedi-Arabië. Jemen se Houthi-rebelle het hommeltuig- en missielaanvalle oor die grens verskerp, insluitend ʼn aanval op die Koning Khaled Internasionale Lughawe in Riaad waarin 13 mense dood is. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hierdie optrede bedreig Saoedi-Arabië se soewereiniteit. Hy vra alle partye om hulle te weerhou van optrede wat onbestendigheid in die streek kan vererger.