# Die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, bly in aanhouding nadat die Landdroshof in Randburg, Gauteng, uitspraak oor sy borgtogaansoek tot Dinsdag uitgestel het. Landdros Hlengiwe Mkhabisi sê sy benodig meer tyd om die dokumente te oorweeg wat tydens die uitgebreide verrigtinge voorgelê is. Sibiya se regspan vra borgtog van 20-duisend-rand, terwyl die staat aanvoer hy kan landuit vlug indien hy vrygelaat word. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en die seksuele gereedmaking van ‘n minderjarige, wat hy ontken.
Sibiya se borgtoguitspraak tot Dinsdag uitgestel