Skip to content

Parlement bekommerd oor swak vordering met internet-teikens

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë is bekommerd omdat minder as die helfte van die openbare diensinstellings wat internetverbinding moes ontvang, tot dusver verbind is. Die spektrumveiling het vyf suksesvolle bieërs opgelewer: Vodacom, MTN, Telkom, Liquid en Rain, aan wie die taak opgedra is om openbare diensinstellings aan die internet te verbind. Slegs Vodacom, Telkom en Liquid het teen Maart die minimum verbindingsdrempel van 65-persent bereik. Die komitee sê operateurs moet aanspreeklik gehou word omdat hulle nie hul lisensieverpligtinge nagekom het nie.