Skip to content

Moody’s sê Suid-Afrika beweeg in regte rigting vir beter kredietgradering

# Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê hy kan Suid-Afrika ʼn beter gradering gee as sy fiskale prestasie aanhou verbeter. Die agentskap het in Mei die land se oorkoepelende kredietgradering van bestendig na positief aangepas terwyl sy langtermyn-gradering vir plaaslike en buitelandse valuta op BA-2 bly. Moody’s se visepresident, Evan Wohlmann, sê die voorspelling berus op die moontlikheid dat skuld, wat in die laaste fiskale jaar op 87-persent van die bruto binnelandse produk gestaan het, teen die einde van die dekade tot 84-persent kan daal, ondersteun deur ʼn beter ekonomiese uitset.