# Die stroomdiens-reus, Netflix, gaan ses-persent van sy arbeidsmag, of sowat een-duisend werknemers aflê wat die meeste is sedert 2022. Die stap raak hoofsaaklik sy menslikehulpbron-, reg-, produk- en tegnologie-spanne. Netflix se mede-bestuurshoofde, Greg Peters en Ted Sarandos, hou vol die sakeonderneming is gesond, maar hulle moet voorkeur gee aan waar personeel en hulpbronne ingespan word. Mededinging in die stroom-ruimte raak strawwer met platforms soos YouTube en TikTok wat kykers lok met gratis inhoud wat deur gebruikers geskep is. Dit bied hulle ‘n koste-voordeel bo Netflix.
Netflix gaan wêreldwyd ’n duisend poste sny wat verskeie afdelings raak