# Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende maand onderwerp word aan verdere brandstofprysstygings, hoewel die jongste ramings laer is as wat aanvanklik gevrees is. Vroeë skattings het daarop gedui dat die prys van petrol met meer as vier-rand per liter kon styg. Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds dui egter op stygings van ongeveer een-rand-80-sent per liter vir petrol en een-rand vir diesel. Die ramings is afhanklik van internasionale oliepryse en die wisselkoers tussen die rand en die dollar. Die finale pryse sal teen die einde van die maand deur die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne bevestig word.
Verdere brandstofprysstygings word in November verwag