Skip to content

Veldbrandrook vererger lugbesoedeling in Asië

# Lugbesoedeling in Singapoer is nou op sy hoogste vlak vanjaar weens rook van Indonesiese veldbrande. Oos-Timor het intussen gelas skole moet vanaf môre drie dae sluit oor die gevaarlike rookstowwe in die lug. Indonesië beleef sy ergste veldbrandseisoen in 11 jaar, aangesien droë toestande wat met El Niño gepaard gaan die brande aanwakker. Die rook raak ook Maleisië, waar skole in verskeie gebiede gesluit is. Indonesië het meer as 69-duisend brandbestryders ontplooi om die brande te probeer blus.