# Build One South Africa het vanoggend opgeruk na die Departement van Justisie in Tshwane om te eis dat die Nasionale Register vir Seksoortreders toeganklik is vir die publiek. ‘n Versoekskrif met byna 20-duisend handtekeninge is oorhandig. Woordvoerder Nobuntu Webster sê die register bevat duisende veroordeelde seksoortreders, maar openbare toegang kos 150-rand, met ‘n wagtydperk van ses weke. Sy sê 93-persent van volwassenes wat in skole werk, is nog nie teen die register nagegaan nie:
BOSA oorhandig 20 000 handtekeninge vir toegang tot Register vir Seksoortreders [KLANK]
ENG WebsterOnMemorandum