# SANParke het ‘n uitbreking van bek-en-klouseer onder koedoes in die Addo-olifant-nasionale park in die Oos-Kaap bevestig. Woordvoerder JP Louw sê lamheid is onder die diere opgemerk. Aanvanklike toetse was negatief, maar ‘n tweede reeks toetse het positief getoon. Geen ander wildspesies toon kliniese tekens nie. Louw sê die positiewe uitslag dui nie op die bron of ‘n verband met ander uitbrake in die provinsie nie. Bio-sekerheidsmaatreëls is verskerp, insluitend die ontsmetting van voertuie. Louw sê geen gesplete hoefdiere mag die park binnegaan of verlaat sonder veeartsenykundige magtiging nie.
SANParke bevestig bek-en-klouseer-uitbreking in die Addo-olifantpark