# Die Wes-Kaapse regering bied van vandag tot Donderdag gratis voertuigveiligheidstoetse vir leerdervervoer- en openbare vervoer-voertuie aan as deel van Mobiliteitsmaand. Dit vind van agt-uur soggens tot drie-uur namiddag by die Gene Louw-verkeerskollege en deelnemende toetssentrums plaas. Die hoofdirekteur, Maxine Bezuidenhout, sê gekwalifiseerde beamptes sal bande, remme, ligte en die onderstel nagaan en motoriste voorsien van ‘n gedrukte verslag oor enige gebreke. Bezuidenhout sê gereelde onderhoud speel ‘n belangrike rol om leerders veilig op die pad te hou:
Wes-Kaap bied gratis veiligheidstoetse aan leerdervervoer-voertuie [KLANK]
ENG BezuidenhoutOnFreeCheckup