# Die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers sê hy onderhandel met die regering oor geskikte beskermingsdienste vir tradisionele leiers. Dit volg na die onlangse skietvoorvalle waarby senior tradisionele leiersfigure betrokke was. Die voorvalle sluit in die Vrystaatse Provinsiale Huis se voorsitter, Morena Neo Mopeli, en die president van die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, Kgoshi Mathupa Mokoena. Woordvoerder Khanya Makhanya sê geweld en intimidasie teen diegene wat met leierskap en diens aan gemeenskappe vertrou word, is onaanvaarbaar en moet in die kiem gesmoor word:
Huis van Tradisionele Leiers vra dringende beskermingsmaatreëls na leiers geskiet word [KLANK]
ENG MakhanyaONProtection