# Die nuwe uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Waseem Carrim, sê hy wil die fonds se finansiële stelsel hervorm, bedrog en korrupsie hok slaan en die groot agterstand in eise aanpak. Hy neem op 1 November die leisels oor en word die fonds se vyfde uitvoerende hoof in net meer as ‘n jaar. Die fonds ontvang jaarliks meer as 50-miljard-rand, maar sy laste oorskry 400-miljard-rand. Carrim sê bestendige leierskap, verbeterde eise-administrasie en wetgewende hervorming is noodsaaklik om die sukkelende instelling weer op koers te kry.
Nuwe uitvoerende hoof van Padongelukkefonds belowe hervormings