# Meer as 100 buitelandse rugsakreisigers is gestrand in sentraal-Nepal nadat ‘n grondverskuiwing toegang tot ‘n rivier afgesny het, wat oorstromings op staproetes en brûe veroorsaak het. Die oorstromings het gister die Gorkha-gebied sowat 100-kilometer wes van Katmandoe getref. Reuters berig reddingswerkers het reeds 96 mense gered, insluitend nege buitelanders, terwyl reddingspogings voortduur. Daar is nog geen bevestigde berigte van sterftes nie, maar vyf inwoners word vermis. Drie hidro-elektriese kragprojekte is ook beskadig.
Meer as 100 buitelandse rugsakreisigers gestrand ná vloede in Nepal