# Die Amerikaanse dollar verhandel steeds na aan sy hoogste vlak in 18-maande terwyl die oorlog in die Midde-Ooste beleggers versigtig hou. Reuters berig markte hou ook Amerikaanse inflasiesyfers dop wat Woensdag bekend gemaak word en die Amerikaanse Federale Reserwe se volgende rentekoersbesluit kan beïnvloed. Aanvalle op energie-aanlegte in Saoedi-Arabië en twee olietenkwaens vererger mark-onsekerheid. Oliepryse het gewissel, met Brent-ruolie wat in vroeë handel in Asië teen sowat 103-dollar per vat verhandel het. Die sterker dollar kan ontluikende markte se geldeenhede verder onder druk plaas, insluitend die rand.
Dollar nader 18-maande-hoogtepunt