Skip to content

Diewe steel 30 000 bottels wyn van meer as R90-miljoen in Italië

# Diewe het 30-duisend bottels goeie wyn van meer as 90-miljoen-rand uit ‘n geskiedkundige wynkelder in Toskane, Italië gesteel. Sewe gemaskerde mans het glo sekuriteitstelsels ontkoppel voor hulle die bottels met die maatskappy se vurkhysers op twee vragmotors gelaai het. Die gesteelde wyn sluit in gesogte name soos Solaia, Tignanello en Guado al Tasso. Die diefstal is Maandag ontdek terwyl die wynkelder voorraad voorberei het vir versending na oorsese kopers. Die maatskappy het kliënte gewaarsku om versigtig te wees vir aanbiedinge buite amptelike verkoopskanale, terwyl die polisie ondersoek instel. Niemand is nog gearresteer nie.