# Twee beskuldigdes in die moord op ‘n vrou op ‘n plaas in Noordwes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning. Die 55-jarige Hannetjie van Zyl is aangeval by hul plaashek op die Doornpan-pad naby Ottosdal. Haar man, Sarel, het haar met ernstige beserings aangetref en sy is na ‘n hospitaal in Klerksdorp gehaas waar sy later gesterf het. Martin Mosime en Moleko Sekwaage is van moord en roof aangekla nadat ‘n getuie hulle volgens berigte identifiseer het. Hulle sal na verwagting volgende week aansoek doen om borgtog.
Twee beskuldigdes in plaasmoord in Noordwes bly agter tralies