# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê die polisie sal nie wetteloosheid duld nie. Dit volg ná gister se gewelddadige betogings teen onwettige buitelanders in Soweto en Durban, waartydens 24 voertuie aan die brand gesteek en winkels geplunder is. Dimpane sê diegene wat verantwoordelik was, sal geïdentifiseer, ondersoek en gearresteer word waar voldoende bewyse beskikbaar is. Sy waarsku daar sal sonder vrees of guns opgetree word teen enigiemand wat die wet oortree:
Polisie beloof om op te tree teen geweld en vernietiging van eiendom [KLANK]
ENG DimpaneOnViolence