Skip to content

Trump onder 208 individue en 79 organisasies wat meeding vir Nobel-prys vir Vrede

# Ontleders beskou nie die Amerikaanse president, Donald Trump, as ʼn ernstige kandidaat vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede nie, wat vanoggend deur die Noorweegse Nobel Instituut aangekondig word. Hy is volgens berigte deur leiers van Israel, Kambodja en Pakistan benoem. Onder die 208 individue en 79 organisasies wat as kandidate geregistreer is, is die Oekraïnse president, Volodimir Zelensky, pous Franciskus en die Sweedse aktivis Greta Thunberg. Hierdie name is genoem al word die amptelike benoemingslys vir 50 jaar lank streng vertroulik gehou.