Skip to content

Aardbewing van 5.7 ruk Filippynse eiland Mindanao

# ‘n Aardbewing met ‘n meting van 5,7 het die suidelike Filippyinse eiland Mindanao getref. Die Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskap sê dit het op ‘n lae diepte van tien kilometer voorgekom. Die Filippyne se seismologie-agentskap, Phivolcs, sê beduidende skade word nie verwag nie, maar na-skokke is moontlik. Die owerhede monitor die situasie vir verdere seismiese bedrywighede.