Skip to content

Parlement is bekommerd oor Departement van Handel en Nywerheid se prestasie

# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid is bekommerd oor die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging se prestasie in die 2025/26-boekjaar. Die departement het slegs 62-persent van sy beplande teikens bereik, maar 98-persent van sy begroting bestee het. Die Ouditeur-Generaal het ook ‘n wesenlike onreëlmatigheid uitgewys rakende bedrieglike eise ingevolge die Kapitaalprojek-uitvoerbaarheidsprogram. Die departement het gevolglik 50,8-miljoen-rand verloor. Die komitee het die departement aangemoedig om sy ondersoeke af te handel en aandag te skenk aan die onderliggende oorsake van die voorvalle.