Skip to content

DIRCO bevestig vrylating van Suid-Afrikaanse man in Mosambiek [KLANK]

# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ‘n Suid-Afrikaanse man wat in September in Mosambiek vermis geraak het, is ongedeerd vrygelaat. Die departement het nie bekendgemaak of daar enige inhegtenisnemings was en of ‘n ondersoek na die voorval aan die gang is nie. Nelson Kgwete van die departement sê die man, van Phalaborwa in Limpopo, het as werktuigkundige in die Marrupa-gebied in die noorde van Mosambiek gewerk toe hy gevange geneem is:

ENG KgweteOnMissingMan