Skip to content

DA befonds veldtogte in vier Oos-Kaapse munisipaliteite

# Die DA-leier in die Oos-Kaap, Andrew Whitfield, sê die party het fondse opsygesit om die veldtogte van vier bykomende burgemeesterskandidate te ondersteun in munisipaliteite waar die ANC versuim het om kandidatelyste in te dien. Die kandidate ding mee in Sondagsriviervallei, Walter Sisulu, Port St Johns en Ingquza Hill. Whitfield sê die burgemeesterskandidate het hul voornemens uiteengesit, insluitend om basiese dienste te verbeter, munisipale finansies te versterk, korrupsie te bekamp en ekonomiese geleenthede te skep. Dié aanstellings bring die party se getal burgemeesterskandidate in die Oos-Kaap op tien te staan.