Skip to content

Section27 verwelkom hofuitspraak wat 50 matriekleerders van groepafskryf vryspreek [KLANK]

# Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. Thato Gaffane van die organisasie sê die provinsiale Departement van Onderwys is gelas om hul volledige uitslae uit te gee en hul Nasionale Senior Sertifikate uit te reik:

ENG GaffaneOnMatricLearners