Skip to content

UK-studie toon Suid-Afrikaners bestee tot R1-miljoen aan troues

# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit van Kaapstad toon Suid-Afrikaners bestee ‘n verstommende 500-miljard-rand per jaar jaar aan vierings. Die navorsing toon sommige mense bestee tot een-miljoen-rand aan troues, terwyl grafsteenseremonies tot 140-duisend-rand kan kos. Die studie wys ook nege-duisend troues is landwyd binne ‘n tydperk van 32 dae gehou, met die meeste in Gauteng, naamlik twee-duisend-en-70. Navorsers sê vierings bly ’n belangrike deel van die ekonomie en die samelewing, ondanks finansiële druk.