Skip to content

City Power vertraag herstel in Marshalltown na fout by substasie [KLANK]

# City Power in Johannesburg kan nie vandag se teiken bevestig vir die herstel van kragonderbrekings in Marshalltown en omstreke nie. Dit volg na ʼn oorvonking by ʼn stroombreker en rook in die toevoerbord-vertrek by Sentraal-substasie tydens gister se poging om kragtoevoer te herstel. Woordvoerder Isaac Mangena sê die substasie is afgesonder terwyl spanne die skade bepaal, en ʼn nuwe hersteltyd sal aangekondig word sodra hulle die omvang van die skade vasstel:

ENG MangenaONSubstationFault