# Rugby: Die Stormers het gisteraand in hul tweede Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op die Hive-stadion met 17-13 teen Edinburgh verloor. Edinburgh het rustyd met 3-0 voorgeloop voor twee strafskoppe deur die losskakel, Yaqeen Ahmed, die Stormers vroeg in die tweede helfte weer die voortou laat neem het. Paul Hill het daarna vir Edinburgh ‘n drie gedruk, waarna die Stormers se agsteman, Hacjivah Dayimani, die voorsprong met ‘n drie herstel het. Edinburgh se heelagter, Rory McHaffie, het egter sewe minute voor die eindfluitjie die beslissende drie gedruk, waarna James Grayson dit verdoel het.
Rugby: Rugby: Edinburgh klop Stormers in taai VRK-kragmeting