# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-toesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, het LEAP-beamptes geprys omdat hulle in Oktober meer as een-duisend-174 verdagtes aangekeer het. Allen beklemtoon die kommerwekkende toename in noodlottige skietvoorvalle weens die beskikbaarheid van nagemaakte en onwettige vuurwapens. Hy onderstreep die kritieke rol wat LEAP-beamptes speel in die bekamping van moorde in brandpuntgebiede, soos […]
Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig gevangenisse regoor die Wes-Kaap is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n witseerkeel-uitbreking. ‘n Negentienjarige gevangene is verlede week in die Pollsmoor-gevangenis aan die siekte dood, en agt bykomende positiewe gevalle is nou in afsondering. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, verseker die publiek maatreëls is ingestel en die situasie […]
# Die LUR vir Gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, doen ‘n beroep op lede van die publiek om op te hou om foto’s rond te stuur van ‘n pasiënt wat ‘n epileptiese aanval gekry het terwyl hy gewag het om chroniese medikasie by ‘n apteek in die Letaba-hospitaal af te haal. Die LUR se woordvoerder, […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het die versekerering gegee dit is nie nodig om paniekerig te raak ná die witseerkeel-uitbreking by die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad nie. ‘n Negentien-jarige gevangene is verlede week dood en agt ander is in afsondering. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, se woordvoerder, Luke Albert, het […]
# President Cyril Ramaphosa gaan Woensdag ‘n staatsbesoek aan Katar onderneem op uitnodiging van Sy Hoogheid Sheikh Tamim bin Hamad Al Thani, Amir van die Staat Katar. Dit vorm deel van ‘n twee-dae-lange vergadering tussen die regerings van Suid-Afrika en Katar môre en Woensdag. Die besoek vind plaas in die konteks van drie dekades se […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging op die eerste Saoedi-Arabië-Afrika-beraad in Riyadh, en pak belangrike ontwikkelingskwessies soos onderwys, gesondheid, humanitêre hulp en ekonomiese ontwikkeling aan. Die afvaardiging sluit in, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Naledi Pandor, die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ibrahim Patel en die adjunkminister van Minerale bronne […]
# ‘n Professor aan die Universiteit van Kaapstad, Arnaud Malan, en sy span gebruik rekenaarmatige vloei-dinamika om Airbus te ondersteun in hul vliegtuigontwerp. Dit beskik oor wye toepassings en die potensiaal om die vervaardigingsbedryf in Suid-Afrika te laat groei en die lugvaartbedryf te ontkool. Indien passasiers op ‘n vliegtuig is wat deur Airbus gebou is, […]
# Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het ‘n uitbreking van witseerkeel in die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad bevestig, wat gelei het tot die dood van ‘n gevangene. Hy sê ‘n 19-jarige man het laat verlede maand simptome getoon en is na ‘n plaaslike hospitaal oorgeplaas. Agt gevangenes het sedertdien positief getoets vir hierdie ernstige siekte. […]
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, sê daar is ses-duisend-100 vervalle en eienaarlose myne regoor Suid-Afrika. Van hierdie myne is oud en die eienaars kan nie opgespoor word nie. Daar is een-duisend-170 oop myne nasionaal en in Gauteng is daar 518. Modise het gepraat tydens die Justisie-, Misdaadvoorkoming en Sekerheidsgroepering se nuuskonferensie […]