# Die Absa-aankopebestuurdersindeks is ná drie maande van inkrimping, terug op groeivlakke en het in September met 4,9-punte tot 50,7-gestyg. Aankope-bestellings het ook verbeter, terwyl sakebedrywighede skerp herstel het. Indiensneming het egter verswak, en vervaardigers het steeds te kampe met hoër brandstof-, vervoer- en insetkoste. Vertragings by die Durban-hawe in KwaZulu-Natal het ook die lewering van voorrade beïnvloed. Die vooruitsigte het effens verbeter, met aankopebestuurders wat versigtig optimisties is oor sake-omstandighede vir die volgende ses maande.
Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor het in September weer gegroei