# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n lasbrief gemagtig vir die inhegtenisneming van die oudminister van Verdediging en voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nadat sy nie opgedaag het vir haar korrupsie- en geldwassery-saak nie. Haar regsverteenwoordigers sê sy is steeds ongesteld, maar geen mediese sertifikaat is voorgelê nie. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy tussen 2016 en 2019 die kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu vir korrupte betalings gevra het. Die lasbrief word opgeskort tot haar volgende hofverskyning op 11 November.
Hof magtig lasbrief vir inhegtenisneming van Nosiviwe Mapisa-Nqakula